Ek en Freek het vandag deelgeneem aan 'n reuse protes wat elke jaar op 1 Jullie gehou word. Daar is verskillende groepe wat deelneem aan die optog deur die stad. Ons het die groepie gevolg wat vir Judo regte gestaan het en toe die groep wat vir verniet uitsaai van die sokker wêreld beker 2014 geprotesteer het. Dit was heel jolig. Daarna het ons die ligskou gaan kyk by die star ferry pier. Dit was cuwl. Daar het 1980's musiek gespeel en die hele stad se liggies het gedans. Ons het dit gekyk terwyl ons 'n biertjie geniet het, want mens mag hier op die straat drink. Ek sal die fotos en die videos van die dag spoeddig op FB laai.
No comments:
Post a Comment