Sunday, July 4, 2010

Kung Fu 功夫


Ek en freek was vandag by Kowloon park, waar ons na 'n Kung Fu demonstrasie gekyk het. Dit was nogals awesome. Daar was Kung fu mense van klein kindertjies (seker 4jaar oud) tot ou omies wat deelgeneem het. Daar was wel geen ninjas wat mens kon sien nie, maar ek seker hulle was daar. Net om die draai van die kung fu mense was daar 'n goep Indiërs wat besluit het om in die 110% humiditeit en 35 grade weer te disco-disco in die son.

Seeing that Marina is prone to old people sicknesses like the whooping cough ;) I also add the next photo. This is a shop where you can cure any old person disease or ailment since 1945.

Thursday, July 1, 2010

1 Jul

Ek en Freek het vandag deelgeneem aan 'n reuse protes wat elke jaar op 1 Jullie gehou word. Daar is verskillende groepe wat deelneem aan die optog deur die stad. Ons het die groepie gevolg wat vir Judo regte gestaan het en toe die groep wat vir verniet uitsaai van die sokker wêreld beker 2014 geprotesteer het. Dit was heel jolig. Daarna het ons die ligskou gaan kyk by die star ferry pier. Dit was cuwl. Daar het 1980's musiek gespeel en die hele stad se liggies het gedans. Ons het dit gekyk terwyl ons 'n biertjie geniet het, want mens mag hier op die straat drink. Ek sal die fotos en die videos van die dag spoeddig op FB laai.

Monday, June 28, 2010

Nog een

http://www.youtube.com/watch?v=Ny7TFYKIUYw

Toer van HK

Ek het hierdie gamaak as julle wil sien hoe die universiteit lyk. Passop net die video is 300mb.

http://www.youtube.com/watch?v=YiKy7hhr1ow

Wednesday, June 23, 2010

'n Paar kiekkies!




Sprong na die 23ste

Daar het te baie al gebeur en ek het net 20 min oor voor die bib toemaak so ek gaan net oor vandag skryf terwyl dit nog vars in my brein is. En jammer vir spelfoute, maar ek gaan nie nou spelcheck nie.

Vanoggend het ons ons eerste films geskiet. Ek moes 'n vol pak dra in die bedompige hitte en het amper gesterf.(En ook gesterf in een van die flieks.) En metafories gesterf want die een meisie wou hˆe ek en 'n brit moes "gay lovers" wees vir haar film en dit was nogals erg. Aan die einde van die dag het ons net naby mekaar gestap. Steeds mal awkward!In my fliek het ek 'n vuvuzela gebruik. Die mense het heel weird na ons gekyk terwyl ons rondhardloop met kamera en vuvuzela in die hand oral oor kampus.

'n Paar van ons het toe na 'n protes voor die "legislative council": gegaan. HK is besig met baie veranderinge in hul stem proses. Die protes is geloods deur burgers wat meers stemreg wil hˆe en wat wil he dat china hulle 'n kans moet gee om hul se te se. Daar is honderde mense voor die gebou en ook honderde vuvuzelas en V for Vendetta maskers. Die atmosfeer voel wel nogals plofbaar synde dat daar vreeslik baie polisie offisiere is met gewere wat skrik vir elke vuvu wat naby hulle blaas. Dit het so 5h begin reen en toe het baie mense verdwyn. Maar die protes gaan heel waarskynlik nog 3 dae aanhou.

Opad huistoe het 'n vrou baie kwaai vir my gese:"You people should get the f##k out of our country and stop drinking our water". Dit is snaaks want mens kan nie die water hier drink nie, dit maak mens siek. Dalk het sy dit gedrink en nou is sy siek dat sy sulke onsensitiewe en nuttelkose dinge vir toeriste wat hulle ekonomie opstoot na 'n wereldhegemoon van die toekoms. Ek het 'n I am a African hemp gedra so dalk het sy gedink sy is in Afrika en dat ek eintlik 'n europeer is wat Afrika se water opdrink en sy 'n arm Afrika persoon is. Dit maak vir my meer sin as 'n 1ste wereld HK burger wat so belaglik is.

Freek kom more hier aan so dan begin advonture deel 2. Groete vir almal. Hoop SA is prettig!